Recent Posts

social

Bryde's Whale

With Life comes Death – Bryde’s Whale

Daar is soveel mooi fasette aan die weskus. Dis ‘n mooi wat jou siel kos gee. Jy leef stadiger. Stiller. Hoe langer mens hier bly hoe meer raak jy een met die aarde om jou. Jy dink meer intens. Dink dieper. Antwoord met groter versigtigheid. Die dinge wat jy daagliks sien en en beleef langs die see verander jou uitkyk, jou denke, jou rigting .. Maar die weskus het ook ‘n realiteits element ingeweef in sy fasette wat my soms troosloos en in trane los langs ‘n stuk strand.

12